Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug na die oorsprong van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis....