As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer ’n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só ’n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy...