“Ek het iewers gehoor as jy jou storie kan vertel sonder om te huil, is jou hart weer heel. My reis na ma-word was nie vir my maklik nie. Inteendeel, die eerste jaar was waarskynlik die moeilikste tyd van my lewe. As ek nou terugkyk, was dit vol seëninge en eintlik die wonderlikste reis ooit …” Charmé Kriel was ’n doodgewone jonggetroude vrou van Vishoek, swanger met haar eersteling, toe sy op 27 weke ontstellende nuus kry. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore, en Charmé se lewe...