Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en ’n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. Steek dus die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se bekroonde kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en...