Shéri Brynard was born with Down Syndrome. Although doctors gave her mother little hope, today Shéri is a lively young woman with many adventures behind her. She has met Oprah, shaken the hand of the president, and often speaks at international conferences. She also acted in a local soap. Shéri talks frankly about the sorrows and joys of her remarkable life, while her mother, Susette, shares her side of the story with great honesty. This book tells the tale of an extraordinary young woman,...
Wat maak die Psalms so geliefd? Dit moet die menslikheid daarvan wees. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van 'n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hulle diepe hartseer; hulle worstelinge, onbegrip, hulle moedeloosheid. Sóveel van hulle geskiedenis. En nog net so van toepassing op vandag. Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se psalmboek gebid. Dit verklap sekerlik heelwat van...
Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het 'n vae vermoede wat die probleem is, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in 'n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir...
Shéri Brynard is gebore met Downsindroom. Dokters het haar ma maar min moed gegee, maar vandag, 35 jaar later, is Shéri 'n lewendige jong vrou met 'n menigte avonture op haar kerfstok. Sy het vir Oprah ontmoet, hand geskud met die president en by internasionale konferensies opgetree. Shéri was ook te sien in Binnelanders. Hier vertel sy openhartig van die harsteer en die vreugdes van haar merkwaardige lewe. Haar ma, Susette, deel ook háár kant van die storie as ouer. Hierdie boek...
Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie! Dr. Pieter van Jaarsveld, 'n internasionele spreker en kenner op die terrein van positiewe denke, verduidelik in hierdie omvattende ouerskapgids hoe kinders se koppe werk en hoe jý 'n gelukkige en gebalanseerde kind kan grootmaak. Dié boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te...
In die Negev-woestyn in die suide van Israel word Sarah deur ’n Arabier aangeval sonder dat sy die vaagste benul het waaroor dit gaan. Toe sy haar bewussyn herwin, is daar weer ’n donker man aan haar sy, maar Ariel is ’n Israeli, ’n mediese dokter. In die weke wat hy oor haar gesondheid waak, ontstaan daar ’n intense verbintenis tussen hulle wat gou liefde word en hierdie liefde word gevoed deur hulle gemeenskaplike geloof in God. Rondom hulle is die wêreld egter allermins ’n oord van vrede en...
"Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry … en ook om vir die Here te leef." 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit sy dagstukkies help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en 'n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin 'n huis in...
Vastyd is ’n pelgrimsreis van 40 dae wat altyd op ’n Woensdag begin (Aswoensdag) en op ’n Saterdag (Donkersaterdag/Stil Saterdag) eindig. Hierdie boek fokus op ’n metaforiese pelgrimsreis wat by “ashoop” begin en 40 dae later by “hoop” eindig en vra die volgende vrae: Hoe skud ’n mens jou “valse self” af? Hoe laat jy emosionele bagasie agter? Hoe leef ’n mens met hoop in ’n wêreld wat al minder hoopvol lyk? Hoe word jy ’n vrygewiger mens? Hoe daag jy ’n verbruikerskultuur uit? Is dit...
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hóm liefhet en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom. Onderlinge struweling is daar...