Скачать лучшие книги серии Saartjie - автор Bettie Naudé в формате fb2 или читать онлайн, бесплатно и без регистрации. Читаемые, полные версии книг, без сокращений - на сайте Knigism.online. Скачать книги полностью в количестве 11 шт.
Saartjie wil ’n grap vir ’n tydskrif instuur om ekstra sakgeld te verdien, maar sy kan skielik nie aan een dink nie. Sy vra ten einde raad Apie se hulp. Die klein platjie kom dadelik met ’n goeie grap vorendag, maar wat nou gemaak as ons heldin die prysgeld wen? Moet sy dit dan met haar boetie deel? Anna koop ’n oulike affênkie om mense mee poetse te bak en die Drie Muskiete het groot pret daarmee. Die hele Baumann-gesin loop onder andere deur, maar dit veroorsaak meer konsternasie as wat...
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar...
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. Sy gaan maak die donkie in haar ouers se agterplaas vas, maar dan besluit Langoor om die omgewing te verken en daar kom groot moleste. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie...
Hierdie omnibus bevat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks. In Saartjie ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref ’n orkaan ’n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ’n tweeling wie se ouers albei in die...
’n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, is Clara se held en sal enigiets doen om haar te help – selfs al beteken dit dat sy ’n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes kan bekostig. Saartjie en Carolina moet mekaar die stryd aansê by die jaarlikse kunswedstryd. Carolina moet wen, anders verloor sy die geld wat sy by...
Die Drie Muskiete maak kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. Verder is daar ook nog ’n strooptog in ’n vrugteboord en ’n tante wat op ’n baie ontydige tyd kom kuier – om nie te praat van die onmin tussen die Muskiete nie. Gaan die meisies uitmekaar spat noudat hulle op hoërskool is?
Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. Saartjie reël ’n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie. ’n Paar dae later sluip sy en haar maats in by ’n bouvallige ou huis waar ’n...
Saartjie is kaptein van die netbalspan, maar moet nou kies tussen Anna en Magriet le Roux om in die span te speel. Almal plaas druk op haar en om alles te kroon, moet die span in een van die belangrikste wedstryde nóg speel.
Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “dêps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik sê hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy nie maar liewer ’n non moet word nie. Gelukkig daag...
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.