Скачать лучшие книги серии Lehandi-reeks - автор Dihanna Taute в формате fb2 или читать онлайн, бесплатно и без регистрации. Читаемые, полные версии книг, без сокращений - на сайте Knigism.online. Скачать книги полностью в количестве 3 шт.
Lehandi se matriekjaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof aan haar aartsvyand se pa en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. Is matriek nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Dis wat Lehandi gedink het, maar nou lyk dit asof dinge skielik uitbom! Want die nerdy Peyton het van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense, en dit krap haar hart deurmekaar. En alles verander handomkeer, 180 grade in die verkeerde...
Dis ’n nagmerrie om die nuwe girl in die skool te wees. Veral aangesien Lehandi se enigste pel ’n nerd met vlegsels en ’n vispatee-asem is. En dis gou duidelik dat haar droom om gewild te word sodat sy ’n boyfriend kan kry, soos in totally by die drein af is. Al wat haar lewe van verwoesting sal kan red is om Frans Bruwer, met sy breë skouers en donker hare, se hart te verower. Maar al staan Frans se naam in harte en krulle in haar huiswerkboek geskryf, kan sy nie help om te wonder hoekom...
Lehandi trek dikbek saam met haar ma terug Vrystaat toe en moet al weer in ’n vreemde dorp aanpas. Haar pa en sy flooze verwag ’n nuwe baba en boonop is Drayke myle ver in Pretoria en besig om haar boodskappe te ignoreer. Dit lyk nie of die long-distance-relationship-ding vir haar gaan werk nie, al probeer sy hoe hard. Veral aangesien Garth Johnson – elke girl se droomou en elke onderwyser se nagmerrie – sy bes doen om dinge behoorlik om te krap. Wanneer Lehandi in sy seegroen oë kyk, weet sy...