In die finale deel van Die Mannheim-sage woed die spanninge tussen Deborah Mannheim, Karl Mannheim en Kit Malloy steeds. Deborah se verbittering teenoor haar man, Karl, vererger, en daarby word haar liefde vir Kit galsterig met die verloop van jare. Weens sy onvermoë om sy vrou se liefde te herwin word die lewe vir Karl onuithoudbaar – soveel so dat hy dinge in sy eie hande neem. Maar ook Deborah en Kit dra letsels ná die Boereoorlog. Ten spyte van hul hunkering na mekaar, bly hul liefde...