Madelie Human — Wanneer passie blom, краткое содержание

Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van háár familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dít en haar orgideë – en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer ’n bekostigbare perseel vind nie. Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op ’n afspraak saam met hom! Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy’s nog meer van ’n orgideë-liefhebber as Janie . . . en daardie oë! Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier’s groot moles. Want wat sy voel en wat sy wéét – Ryno is die allerlaaste man vir haar – klop net nie. Wat is hier aan die blom: ’n eendagmooi bloeiseltjie of ’n langlewe-orgidee?

Читать книгу онлайн «Wanneer passie blom» — автор Madelie Human или скачать бесплатно и без регистрации в формате fb2. Полные версии книг, без сокращений, на сайте — библиотека бесплатных книг Knigism.online.
Wanneer passie blom Madelie Human

Все характеристики

Автор Madelie Human
Формат FB2
Тип Фрагмент книги
Скачиваний 2
Добавлена 23.11.2021
Возраст 18+
Впечатления 0

Чтобы оставить свою оценку, войдите или зарегистрируйтесь