Wilna Adriaanse — Eindspel, краткое содержание

Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. ’n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in ’n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuur het, haar motor gepak en begin ry het, het sy nie ’n plan gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat sy eers moet wegkom. Sedert die aand toe haar pa by ’n padblokkade doodgeskiet is, was daar nog nie tyd om terug te staan en behoorlik oor alles te dink nie. Daar was werk om te doen. Sy wou aanvanklik uit die polisiediens bedank, maar op die ou end het sy ingewillig om eers net vir ses maande met mediese verlof te gaan. Nou is dit amper vyf maande later en sy stel die besluit daagliks uit. Sy hou van haar nuwe lewe op die platteland; die huis wat sy op die plaas huur, pas haar. Sy het ’n leidam waarin sy swem en twee groot bome waar sy ’n hangmat gespan het. Sommige aande help sy in een van die plaaslike kuierplekke en nou en dan tel sy haar kitaar op en sing laataand vir die vasbyters. Tot haar eie verbasing help sy ook nog sommer hier en daar op ’n Sondag uit as die kerk se orrelis nie kan speel nie. Daar is ’n verleidelike eenvoud aan haar lewe hier agter die Langeberge. Sy vul haar dae en die meeste aande met alledaagse dinge. Dis net wanneer sy nie kan slaap nie dat sy in die spaarkamer gaan sit, daar waar haar kaarte, diagramme en lyste teen die mure opgeplak is. Van name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is die naam van haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. Dit is die enigste kontak wat sy met haar vorige wêreld het. Die lyste en die rugsak met klere wat sy in die ou murasie weggesteek het. Sy is nie seker waarom sy dit gedoen het nie, maar sy weet sy het daarna effe rustiger geslaap. Terwyl sy hulle in die truspieëltjie langs die orrel dophou, weet sy dit was vir hierdie dag. En sy weet ook sy sal moet gaan uitvind wie haar soek, en waarom.

Читать книгу онлайн «Eindspel» — автор Wilna Adriaanse или скачать бесплатно и без регистрации в формате fb2. Полные версии книг, без сокращений, на сайте — библиотека бесплатных книг Knigism.online.
Eindspel Wilna Adriaanse
Впечатления 0

Чтобы оставить свою оценку, войдите или зарегистрируйтесь

📖 О книге «Eindspel»

«Eindspel» — произведение автора Wilna Adriaanse в жанре Триллеры . На сайте Книгизм книга доступна для бесплатного скачивания в формате fb2 и для онлайн-чтения полной версии без регистрации.

1жанр

🏷️ Жанры книги

Произведение «Eindspel» относится к следующим жанровым направлениям каталога Книгизм:

👥 Похожие авторы в жанре

Если вам понравилась эта книга, обратите внимание на других популярных авторов в жанре «Триллеры»:

❓ Часто задаваемые вопросы

Можно ли скачать книгу «Eindspel» бесплатно?

Да, книга доступна для скачивания в формате fb2 без регистрации и без оплаты на сайте Книгизм. Файл сохраняет структуру глав, иллюстрации и метаданные — подходит для FBReader, Cool Reader, AlReader и других читалок на смартфоне или электронной книге.

Можно ли читать книгу «Eindspel» онлайн без скачивания?

Да, полная версия произведения автора Wilna Adriaanse доступна для онлайн-чтения прямо в браузере. Откройте страницу книги, нажмите кнопку «Читать» — текст загрузится с пагинацией, настройкой шрифта, темой оформления и закладкой текущей позиции.

К какому жанру относится «Eindspel»?

Книга относится к жанру «Триллеры».

📲 Как читать книгу на Книгизм

Книга «Eindspel» автора Wilna Adriaanse доступна на Книгизм бесплатно. Вы можете скачать файл fb2 для дальнейшего чтения в любой читалке (FBReader, Cool Reader, AlReader и других) на смартфоне, планшете или электронной книге. Формат fb2 сохраняет структуру глав, иллюстрации, оглавление и метаданные. Альтернатива — онлайн-чтение полной версии в браузере сразу без скачивания и без регистрации.