Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig, bied hy vir haar ’n uitkoms aan. Hy sal haar beskerm en met hom saamneem tot in die Kaap as sy sal voorgee om sy meisie te wees ter wille van reklame vir sy nuwe album. Hugo meen hulle moet Reghardt...
Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. Sy het egter nie rekening gehou met die mooie Reuben se oorredingsvermoë nie. Teen haar beterwete stem sy in om Kaydee se tuisbevalling te hanteer en om vir ’n maand lank nou saam met Reuben te werk en te...
Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy’s darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur haar eks met ’n kleine babatjie gelos is, maar haar nuwe buurman, Derek . . . sjoe, hy’s net onweerstaanbaar! En hy hou van kinders . . .Wanneer die hospitaal waar sy haar geboorte-eenheid se perseel...
Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie. Maar wanneer ’n geboorte skeefloop en Anouk in ’n regsgeding betrokke raak, kom hy weer oor haar pad: Die groot tienerliefde vir wie sy nie goed genoeg was nie, wat haar as net nog ’n jol beskou het . . . wat haar...
Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet mentor in die kuns van natuurlike bevallings. Moes hy nou boonop so ’n aantreklike blikskottel wees? Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi. Haar ma het met ’n mooi man getrou, en kyk net...
Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”. Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef. Dodelik aantreklike dokter Eben Greyling was ’n manlike kollega te wagte en wil absoluut nié ’n vrou daar hê nie. Boonop kom daar ’n onwelkome oproep van die fertiliteitskliniek waar Carli voor die...
’n Skenkerhart gee Mienke Langeveldt ’n tweede kans op die lewe. Maar sy kan dit nie ten volle geniet nie, want sy het per ongeluk uitgevind wie die vrou was wat moes sterf sodat sy kon lewe: geliefde aktrise Sheralize Myburgh wat saam met haar man, Franco Greeff, in ’n gewilde sepie gespeel het. Mienke wil haar dankbaarheid teenoor Franco en sy kind, Audrey, betoon sonder dat hulle uitvind wie sy is. Toe sy die geleentheid kry om vir Audrey skool te hou in Franco se kasteel by Noetzie, gryp...