Koue water en kaviaar: Carina is gelukkig getroud, maar Tinus se prokureursklerk-salaris hou kwalik die pot aan die kook. Wanneer sy egter uitspring en werk kry by ’n uitgewery, voel Tinus in sy eer gekrenk. En boonop is die uitgewery se hoofbestuurder ’n sjarmante, aantreklike duiwel . . . Marietjie, Maraia, Maryne: Lugwaardin Maryne Landman kry dit hotagter. Sy het pas haar kêrel afgesê, en dan word sy byna deur ’n besope passasier verwurg. Nou vrees sy boonop dat sy deur kaptein Wessel...
’n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, “olifantfluisteraar”, TV-man en bekende natuurkenner – en hy is glad nie seker of die tenger rooikop-veearts die...
In Die snip van Sesdorings kom ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aan om besit van haar erfenis te neem en begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas . . . En ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld?...
Die tuiskoms lê ver Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy sê sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie. Sy hoor iemand roep: “Daniela!” en swaai verskrik om. Dit is Martin Niehaus en hy sê onvriendelik: “Jou geheue is kort, liefste. Het jy vergeet ek wil jou nie op Rietendal hê nie?” Dit blyk dat hy haar aansien...
In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met...
In ’n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy ’n groot fout maak. “Jy kan nie met ’n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,” het hulle gesê. “Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal ’n gebore Johannesburger dit in ’n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?” Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so ’n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. Wat...
In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. Kort voor lank begin sy vrees vir skade aan haar hart, want volgens die skindertonge is Paul Venter...
Toe lugwaardin Willemien Visagie in Ruiker vir ’n spioen vir kaptein Gerrie Roux die trekpas gee en saam met skrywer Flip Keyter oor ‘n nuwe toekoms begin droom, het sy geweet dat dit nie maklik sal wees nie. Maar sy het nie besef sy sal haar juwele moet verpand en op perde wed ten einde ‘n behoorlike inkomste te hê nie . . . Janna is ‘n onderwyseres, valerig en nie meer so jonk nie. Wanneer oom Faan haar prontuit vertel dat sy ‘n oujongnooi is, besluit sy dis tyd om ‘n plan te maak. Sy gaan hou...
Iewers wag die môre: Fiona en Johan Meiring se huwelik word deur albei se onbesonnenheid in ‘n krisis gedompel. Is dit hulle kinderloosheid wat die huweliksbootjie wil laat kantel, of is dit Barbara Slabbert en Adriaan van Zyl se skuld?Dit het alles so onskuldig vir die pragtige lugwaardin Mariette Neethling begin. ’n Ryk man, aantreklik, en hy was ooglopend verlief op haar. En nou het sy in ’n nagmerrie-situasie beland waar daar geen pad uit is nie. Mariette aan ’n lyntjie is nog een van Ettie...
Volmaan op Mopanie: Katie Lategan se kom en gaan was nog altyd haar eie. Maar wanneer haar pa, ’n wildbewaarder op Mopanie, onverwags Kaap toe moet gaan, maak Steyn van Zyl sy opwagting om haar op te pas. Toestande is plofbaar so na aan die Mosambiekgrens, en tot Katie se ontsteltenis hou Steyn haar kom en gaan met ’n valkoog dop. Dokter Linda: Op Donkerhoek hoor dokter Linda Behrens dat haar vennoot vir die volgende ses maande die soort man is wat elke vrou graag voor die kansel wil hê. Net...