Ná meer as twintig jaar kom Dorothea de Waal se huwelik tot ’n einde. Dit bring vir haar ’n oorheersende gevoel van verligting en bevryding, want Werner was ’n koue, selfsugtige man wat weinig belangstelling in haar óf hulle twee kinders getoon het. Gelukkig is die kinders reeds uit die huis, en vir Dorothea is dit in alle opsigte ’n nuwe begin. Een middag is sy in ’n ligte motorongeluk betrokke, en die oortreder is ’n seun van skaars twaalf. Toe sy sy pa ontmoet – die afsydige doktor Theuns...