Liana Louw is ’n rykmansdogter met ’n passie vir armes en mense in nood. Haar ouers verstaan hierdie eiewyse enigste dogter van hulle maar alte goed en maak geen beswaar toe sy haar as verpleegsuster bekwaam en in die hartjie van die bedenklike middestad tussen haar pasiënte gaan woon nie. Hulle hoop dat die suksesvolle ginekoloog dr Pierre Bosman, wat al met Liana bevriend is sedert hulle skooldae, daarin sal slaag om haar hand en haar hart te wen. Wanneer die sjirurg Brink Fouche, self uit ’n...
Dr Wilmari Neveling se lewe stort ineen wanneer haar verloofde aan leukemie sterf. Alhoewel sy ’n passie vir pediatrie het, besluit sy om in onkologie te spesialiseer. Sy aanvaar ’n pos by die Nasionale Onkologie-navorsingseenheid aan die bekende Môreson-kliniek. Daar ontmoet sy Môreson se direkteur, Jonatan de Klerk van Jaarsveld. Jonatan is uit die staanspoor gefassineer deur die koel afgetrokke Wilmari wat niks met mans te doen wil hê nie en hom, ten spyte van sy gewildheid onder die...