Toe groentjie-joernalis Michaela Beekman agter ’n storie aan gestuur is, het sy nooit kon raai dat sy die storie sou word nie!Haar hele lewe lank het sy die gemis aan ’n pa ervaar, maar dit probeer wegsteek, en nou ontdek sy dat die vrou wat haar grootgemaak het nie haar ma is nie. Dat sy eintlik ’n ander naam en van het, en dat haar ware ouers geskei is as gevolg van die tragedie wat die gesin getref het.Voor al die drade egter ontrafel kan word, word die geskiedenis byna herhaal. Maar die ramp...
Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in die familietwis, en vind gou haar stadsmaniertjies...
Annemé het voor De Wet se oë grootgeword. Eens was sy bloot die skattige nuwe buurdogtertjie, veel jonger as hy, maar met die jare het sy gevoelens vir haar verdiep. Nou is Annemé ’n volwasse vrou . . . ’n Volwasse vrou wat wil trou. Haar eie huislike omstandighede – met dikwels afwesige, koel ouers en sonder broers of susters – was nie wat sy as kind wou hê nie, en sy’s nou meer as gereed om haar eie gesin te begin. Tot dusver het sy self maar vrot gekies onder die manne, en wie beter om vir...
Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so...
Xanthe Patterson kan nie verstaan waarom haar pa die huis op hul plasie aan ’n vreemdeling, ene Hanko Joubert, sou nalaat nie. Wat gaan sy met die vent onder haar voete maak? Veral aangesien sy mooi hande haar gedagtes laat dwaal . . . Sy kan nie nou bekostig om te dagdroom nie. Haar pa het aan Xanthe sy bou-onderneming nagelaat en sy kan haar lewenslange droom bewaarheid om in die boubedryf te werk. Maar aangesien haar ouers haar vroeër juis uit dié bedryf probeer weghou het, het sy geen...