Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om ’n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Eddie is ’n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring.Die ontwikkelaar is die charismatiese Liam Murray en kort voor lank voel Eddie aangetrokke tot hom. Hy het egter ’n reputasie as hartebreker. As Liam van moord aangekla word en Eddie die kontrak verloor om die...
Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te sê ’n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, én van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry. Sy’t nie gereken daarop dat Pelikaanbaai die blyplek kan wees van die aantreklikste man wat sy nog ooit aanskou het nie. Simon Sutherland is ’n ellelange man met pikswart hare – en volgens Emma duidelik...
Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te...
Victoria Vermaak se ouers nooi haar saam op ’n luukse bootreis om te herstel ná sy in ’n motorongeluk betrokke was. Haar lewenslustige vriendin Belle, wat saamreis, het egter nie net herstel in gedagte nie: Sy het die bootrit na die MVV – die manvangvaart – herdoop en is vasberade dat sy en Victoria voor die einde van die vakansie elk ’n nuwe manlike bewonderaar moet hê. Op die boot loop Victoria vir Bartho Krüger raak, die sakeman wat sy die aand van die motorongeluk ontmoet het. Hy herstel ook...
Karla bedank haar werk by ’n trattoria op Stellenbosch om as sjef en bemarker op ’n gasteplaas naby Malmesbury te gaan werk. Eers nadat sy op die plaas aangekom het, hoor sy dat daar kort tevore ’n moord gepleeg is en dat die uiters aantreklike nuwe eienaar, Hugo Joubert, die hoofverdagte is. Nogtans is sy dadelik baie sterk aangetrokke tot hom. Tot haar skok is daar ook groot finansiële probleme op die plaas en Karla moet bitter hard werk om van die gastehuis ’n sukses te maak. Intussen...