Karina het haar wêreldreisiger-tante Katriena skaars geken. Nou moet sy hoor dat sy nie net ’n nalatenskap kry ná haar tante se dood nie, maar sommer etlike eiendomme – insluitend verblyfreg op ’n paradys van ’n tropiese eiland!Daar aangekom saam met haar vriendin Liesl wil Karina net salig die natuurskoon geniet en uitvind of sy op die eiland sou kon aard. Maar daar’s ’n vlieg in die salf: ’n half onbeskofte Westerling-man wat haar tante kwansuis daar versorg het deur ’n siekte. Hy ontstig die...
Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ʼn werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan ‘n blonde, bruingebrande “veewagter”, en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ʼn nuwe lewe, bêre sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand...
Die nag toe Nina Immelman se man in ʼn motorongeluk sterf, kom nie net haar veelbewoë huwelik tot ʼn einde nie, maar vind sy ook uit dat die boedel bankrot is en sy alles verloor het – ook haar huis. Toe sy dus die kans gebied word om op ʼn luukse landgoed aan die Mosambiekse kus die huishouding waar te neem, gryp sy dit met albei hande aan.Maar op dié idilliese, sub-tropiese landgoed waar die soel, romantiese aande swaar belaai is met die geur van rose en frangipani, spat die vonke uit die...
Telani is deur ’n nagmerrie-ervaring met ’n verbreekte verlowing en het gehoop om in Amerika ontvlugting – sowel as ’n nuwe baan as arbeidsterapeut – te vind. Helaas, die posisie waarvoor sy wou aansoek doen, is reeds gevul. Op haar voorlaaste aand in Las Vegas ontmoet sy ’n oorrompelende Afrikaanse man. Ná ’n paar glase sjampanje beland die twee by ’n kitskapel. Toe Telani die volgende oggend wakker word, is dit as getroude vrou, teen haar sin – sy’t gedink dis alles net speletjies! Simon...