Simoné van der Walt is vasbeslote om uit te kom by die Erongoberge in Namibië waar haar broer in ’n vliegtuigongeluk was. Daarom dat sy en haar verloofde, Tertius, ’n “safarivlug” saam met Wim Beukes onderneem. Maar gou kom hulle agter dat daar meer onder die oppervlak skuil as wat voorgegee word. Want Wim is safarileier op versoek van Charl Taljaard. En Charl is nét so vasbeslote om by die Erongoberge uit te kom.Simoné besef gou dat Wim, wat haar so terg en treiter, haar hartsnare roer. En toe...