Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer by ’n partytjie ontmoet, wonder sy waarom hy vir haar so bekend lyk. Sy het die uitvoerende hoof van Medline, die hospitaalgroep waar sy haar praktyk bedryf, mos nog nie vantevore teëgekom nie . . . Van een ding is sy wel seker: dat daar onmiddellik ’n sterk aangetrokkenheid tussen haar en dié mooi man is. Maar dan verskyn sy meisie aan sy arm en dit blyk dat hulle op die punt staan om verloof te raak. Dieselfde aand is Reuben in ’n ongeluk...
Beeldhouer Leah Louw moet al haar energie fokus op die beelde wat sy vir ’n uitstalling oor Madiba se nalatenskap maak. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en dié se kinders in ’n motorongeluk betrokke is, word haar lewe op sy kop gekeer. Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en die buurman Hein Malherbe, teen wie se motor hulle gebots het, ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy haar aantreklike argitek-buurman nie uit haar kop kry nie. Maar...
Die surfer-meisie Simoné, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nié so verskillend is nie? Saam trotseer dié drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoë hakke en al.