In hierdie bundel is daar heelwat stiltes in herinneringsverse en nostalgiese verse, wat afgewissel word met verse wat die stilte verskeur. Die digter, in hierdie bundel, kla haarself aan, sy haal haar af en sy verraai haar: die digter is die kitaarspeler en “sal alles doen en selfs verraai, net dat ’n nuwe deuntjie in my draai” (DJ Opperman).Die woord staan voorop in hierdie gedigte. Dit is “woordverse” sonder dat die idee ondergeskik gestel word aan die woord.Selde nog het Hambidge die...
In hierdie ryk geskakeerde bundel word nie alleen die konsep en konteks van “meditasies” verruim nie, maar word die gedig-as-meditasie tot ’n nuwe hoogte in Hambidge se werk gevoer, word dit ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ook besonder skerp herinneringe.
Die digter se poging tot lewe-deur-poësie, tot skrywende sinmaak uit wat tans gebeur en gebeur het en die ewige wordingsproses van ’n skrywerslewe kom in hierdie ryk bundel aan bod, met al die elemente wat aanhangers van ’n Hambidge-bundel verwag: Die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt. En altyd ’n flink digterlike reaksie op gebeure wat die tydvak...
Hierdie keur uit die digter se reisverse lewer bewys van haar verstommend ruim verwysingswêreld en plaas die fokus op die mens as reisiger, uit eie wil én teen wil en dank. Die bundel doen verslag oor reisindrukke, maar die bestemming is telkens die ruimte vir emosionele en rasionele verwerking van menslike ervaring (reiswaarneming, dus, wat dikwels teruglei na die sélf).