Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van Die afwesigheid van berge vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op dié reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land....