In haar eerlikste bundel nóg dig Ronelda S Kamfer oor die intieme en komplekse verhouding tussen ma en dogter. In Hammie verwerk die digter die verlies van haar ma deur outobiografiese gedigte – genuanseerde verse waarvan die toonaard melankolies en ook ontstellend is. Sy dig oor haar grootwordjare op die Kaapse Vlakte, oor Afrikaans, ras en klas, en oor moederskap, maar bowenal ontgin sy dít wat ongesê bly tussen ouers en kinders, tussen vriende en kennisse, tussen familielede. Met Hammie...
Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wêreld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie . . . Haar gedigte is tegelyk toeganklik en onkonvensioneel – sy is ‘n sterk, sterk nuwe stem in Afrikaans. ‘n Vonds.
Met dié nuwe bundel verse vestig Ronelda S. Kamfer haarself opnuut as hoogs talentvolle en dénkende digter in Afrikaans. Die landskappe Klippenkust en Skipskop figureer in dié gedigte, en ook die karakters Klippie Klip-kop en Sara-Slim-meisie, en Herrij Autshumao en Van Riebeeck. Skeepswrakke onderwater word simbool van verledes wat nooit opgediep is nie. En “oorvertel” van die geskiedenis word uiteindelik “andervertel”, met ironie, fyn humor en ’n spel met taal. grond/Santekraam is ’n...