Wat maak die Psalms so geliefd? Dit moet die menslikheid daarvan wees. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van 'n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hulle diepe hartseer; hulle worstelinge, onbegrip, hulle moedeloosheid. Sóveel van hulle geskiedenis. En nog net so van toepassing op vandag. Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se psalmboek gebid. Dit verklap sekerlik heelwat van...
’n Man struikel-stap deur ’n dorp se vervalle strate. Hy moet by die polisiekantoor uitkom. Hy het ’n paar ou tekkies aan, en hy het sy selfoon by hom. Hy is die dorp se predikant. Hy het op ’n lyk afgekom. Silwer Streams is ’n dorp soos enige ander op die Suid-Afrikaanse platteland. Daar is ’n kerk en ’n kafee, ’n rolbalklub en twee townships, ’n polisieman en ’n koerantman, ’n oudonderwyser, ’n dowe sekretaresse en ’n gay kafee-assistent. En nou ook ’n lyk. Ja, natuurlik het die dorp ’n...
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Kom les jou geestelike dors elke dag by die vars water van die Woord en ontdek ware rus en vreugde in God.