“Wie sou kon dink dat ’n stem soos myne ooit gehoor sal word? Waar sal so ’n klank in elk geval vandaan kom?” Só begin die jongste outobiografiese roman van Ryk Hattingh – sy eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n...