“Wie sou kon dink dat ’n stem soos myne ooit gehoor sal word? Waar sal so ’n klank in elk geval vandaan kom?” Só begin die jongste outobiografiese roman van Ryk Hattingh – sy eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”? Die man wat vra – wie sou ooit kon dink dat ’n stem soos myne gehoor sal word . . . Huilboek is ’n kragtoer. In een opsig is dit ’n voortsetting van Ignatius Brand en Witskrif, en andersyds is dit ’n losstaande herinneringsroman wat uiteindelik sê – hier is ek. En dís wie ek geword het . . . “’n Mens kan verander,“ skryf Ryk. “Maar dis nie maklik nie. Dit wat jou laat struikel, kan nie sonder meer afgekap word nie. . . . Neem my as voorbeeld. Jy sien my nou so mooi speel met my kinders, jy sien my in die kombuis besig om kumara te skil, knoffel en preie op ’n kauriplank fyn te kap, jy sien my agter die toonbank van my winkel, vriendelik bedien ek my klante. ’n Gewone mens is wat jy sien . . . Ek was nie altyd so nugter en voorspelbaar nie. Ek was ’n plofbare vent.” “Een van die aangrypendste slottonele wat ek in die afgelope tyd gelees het.” – Thys Human. “ ’n Merkwaardige herinneringsroman” – Kerneels Breytenbach.
Скачать книгу «Huilboek» Ryk Hattingh
Чтобы оставить свою оценку и/или комментарий, Вам нужно войти под своей учетной записью или зарегистрироваться