“Jy sit op ’n brander en dink jy gaan in een rigting, dan stoot die onderste oseaan en slaan die branders ’n ander rigting in. Jy verloor jou bewussyn. Die volgende oggend, jare later, word jy wakker op ’n vreemde strand. Jy staan verdwaas op en wil dieselfde rigting in stap wat jy van vroeër onthou, maar die pad is weg, die deur is toe, die een wat jy onthou is nie daar nie, jy kan nie terug nie. Jy staan verdwaas op. Jy het verdwaal, hy het verdwyn. Ek kan nie onthou hoe ek hier beland het...