In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. In plaas daarvan om hulle die beloofde nuwe identiteit, die skoon begin en nuwe lewe op ’n nuwe plek te gee, vermoor sy hulle bloot. Vir ’n tyd lank lyk dit na die perfekte plan: Dit spaar haar tyd, moeite en geld en verlos die wêreld van boosdoeners, een op ’n slag. En wie gaan dié versteekte staatsgetuies, tog in elk geval...
As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. Wat help dit om te wens vir 'n ingryping wat hom sal losruk uit sy saai bestaan? Maar toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, kry Seb tog rede om in wense te glo . . . En kom voor ’n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één wens het wat waar gaan word?
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy ook ’n man van durf is. Maar dit duur nie lank voordat hy ontnugter word deur die effek van die Duitse uitwissingsbevel teen die Herero’s en die onderdrukking van die Namas nie. Lisbeth Löwenstein, ʼn arm Jodin, moet met ’n Duitse setlaar trou wat sy skaars ken. Toe hy van sy perd af val en sterf, kies sy om saam met die Nama-werkers van sy plaas af te vlug. Mordegai Guruseb, ’n Damara-man, ontsnap uit...
German South West Africa, 1905. The sickly Siegfried Bock comes to the colony to prove his mettle. But soon he becomes disillusioned when he witnesses the effect of the German command to kill Hereros and suppress any Nama uprising. Lisbeth Löwenstein, a poor Jewess, has to marry a German settler she’s hardly met. When he falls from his horse and dies, she chooses to flee from his farm with his Nama labourers. Mordegai Guruseb, a Damara man, escapes from a concentration camp where Hereros are...