’n Welkome heruitgawe van drie romans van ’n veelbekroonde skrywer. Gesofistikeerde satires met ’n sterk mitologiese raamwerk wat steeds tot vandag se lesers sal spreek. Die verteller in al drie hierdie romans identifiseer homself as “die knolskrywer” (“. . . die 44-jarige knolskrywer, in sy Harris tweedbaadjie, . . . in sy hart die verminkte gawe van God”)18-44 handel oor die korrespondensie tussen mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende mej X, ’n kunsstudent. Onderliggend...
Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is ’n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg...
’n Film- en TV-span kom op Magersfontein aan onder leiding van lord Sudden en lord Seldom om ’n film te maak oor die slag van Magersfontein tydens die Anglo-Boereoorlog, op 11 Desember 1899. By dié geleentheid het die Skotse generaal Andrew Wauchope sy lewe verloor. Op tipiese wyse slaag hierdie veelbekroonde skrywer daarin om ’n wye verskeidenheid van uiteenlopende karakters bymekaar te bring en, hoe vergesog die gegewe ook al, alles tot ’n eenheid saam te bind. Nie net die twee lords se...
Die agtienjarige Lila word vermoor en die hakkelende speursersant Demosthenes H. de Goede – die een wat die inwoners teen die bose moet beskerm – vergesel deur Dr. Johns, word aangesê om die misdaad te ondersoek en die sondebok tot geregtigheid te bring. ’n Speurverhaal waarin die liggeestige met die bissare en grusame meestelik verweef word. Hierdie merkwaardige roman het groot opspraak verwek toe dit in 1962 vir die eerste keer verskyn het en met die CNA-prys bekroon is.
Kaptein Demosthenes de Goede word ná die suksesvolle afhandeling van elf take aan die D-diens geleen vir sy laaste en twaalfde taak – hy ontvang opdrag om die berugte tycoon Borris Gudenov vas te trek. Gedurende hierdie soektog bevind De Goede hom in ’n inkopiesentrum met ’n sirkelgangtrap; ’n doolhof wat afdaal na die inferno. En soos Dante van ouds moet De Goede in die soeke na homself ’n hellevaart na benede aandurf.
Henry van Eeden is op ’n sewe-dag-besoek aan Welgevonden waar hy sy toekomstige bruid, Salome, gaan ontmoet. Maar voordat die ware gesig van die liefde vir hom ontbloot kan word moet hy sy insisiasieproses voltooi. Elke dag lewer bisarre ervarings op en saans moet Henry deur 'n doolhof vreemde partytjies stoei – sy onskuld laat gaan en die goeie en bose in homself versoen, voordat hy sy beminde tegemoet kan gaan. Sewe dae by die Silbersteins word in 1964 met die Hertzogprys bekroon.