Deon Opperman het televisiekykers geboei met sy epiese familiesage Hartland. Hierdie omvangryke Boere-Dallas word nou ’n groots opgesette roman waarin Opperman se meesterskap as storieverteller sorg vir ’n pakkende leeservaring. Hartland vertel die verhaal van drie Afrikaanse families, van die bloedlyn wat hulle bind, en die manier waarop botsende drome en ambisies hulle voortdryf na ’n onvermydelike ontmoeting met die noodlot. Die moderne lewe met sy maalkolk van sosiale, politieke en...
Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte. In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n...
Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het. In Donkerland het Opperman gekyk na die aanloop van 1834 tot 1994 en in Hartland na die huidige stand van sake. In Kruispad fokus hy op 1994 en wat die verlies van mag vir Afrikaners ingehou het. Dis ’n verhaal van vreugde, smart, trots en vernedering wat tot ’n klimaks ontvou soos ons dit nog selde...