Daan Dreyer voel soos ’n has-been. Sy vrou het hom gelos (“Ek het jou ontgroei, Daan”) en sy twee kinders rol hul oë vir sy musieksmaak en gee eenwoord-antwoorde op al sy vrae. By die werk gaan dit ook maar droewig – hy is ná alles ’n wit man van amper vyftig. Sy beste pel, Neels, se vrou gee vir hom ’n blou geranium, om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as ’n malvaplant vat om weer vrolikheid en vreugde in sy ou lewetjie te saai. ’n Fantastiese...