Gerda Taljaard volg haar sprankelende romandebuut, Engel in die hoenderhok, op met ’n roman wat byna letterlik veel dieper delf. Soos voorheen doen sy dit veral deur humor en satire, maar dié keer is die satire snydender en omvattender, die humor inniger en ruimer. Dit is die verhaal van drie vroue wat jare uitmekaar gelewe het, maar verbind word deur drie dinge: ’n bemoeienis met mekaar se verhale, ’n aweregse lewensuitkyk en ’n donker, donker geheim. Esmeralda is ’n skrywer van liefdesverhale....