Gerda Taljaard — Kelder, краткое содержание
Gerda Taljaard volg haar sprankelende romandebuut, Engel in die hoenderhok, op met ’n roman wat byna letterlik veel dieper delf. Soos voorheen doen sy dit veral deur humor en satire, maar dié keer is die satire snydender en omvattender, die humor inniger en ruimer. Dit is die verhaal van drie vroue wat jare uitmekaar gelewe het, maar verbind word deur drie dinge: ’n bemoeienis met mekaar se verhale, ’n aweregse lewensuitkyk en ’n donker, donker geheim. Esmeralda is ’n skrywer van liefdesverhale. Sy is suksesvol, maar met die aanvang van dié roman tref die leser haar midde-in ’n kreatiewe droogte. Sy sukkel. En dan word sy as’t ware besoek deur ’n verhaal, en dié keer is dit g’n ligte verstrooiing nie. Dit is die verhaal van ’n meisie – nog bogkind – wat vyftig jaar tevore op ’n plaas ’n string babas gehad het en almal, behalwe een wat ná geboorte aangeneem is, doodgemaak en naby die plaashuis begrawe het. Esmeralda se verbeelding gryp hierdie verhaal aan, nee, die verhaal gryp haar en ruk haar dat haar tande klap. Sy het geen verweer nie, die verhaal van Sus Niemand moet sy skryf. Is die Sus Niemand wat so by Esmeralda spook ’n versteurde moordenaar? Is sy bloot die slagoffer van bloedskande en veragtering? Hoeveel weet Sus van wat met haar gebeur, en watter aandeel het sy daaraan? Dit is die dinge wat Esmeralda moet deurgrond. In haar kreatiewe herskepping van Sus se verhaal kom Esmeralda agter dat die meisie kort-kort haar toevlug tot die plaashuis se kelder geneem het waar sy relikte ontdek het van ’n vrou wat ’n halwe eeu tevore daar toegesluit is – briewe, foto’s en graffiti. Dis ’n vrou met wie se kelderbestaan die meisie haar besonder vereenselwig het. Maar waarom word Esmeralda so aangegryp deur Sus se verhaal, waarvan sy die basiese besonderhede in ’n koerantberig gekry het? Wat is dit in die kelder van Esmeralda se gemoed wat haar so ontvanklik maak vir die verhaal van ’n klomp kindergraffies op ’n plaaswerf? ’n Aanduiding van die oorsprong van Esmeralda se bemoeienis is dat haar verhaal oor Sus Niemand ook die verhaal word van haar verhouding met haar seun, Benjamin. Dit is ’n holderstebolder verhouding wat tuimel tussen hewige konflik en tere toegeneentheid. Ma én seun se kleurryke en allermins konvensionele liefdeslewe speel hierin ’n groot rol, en die heerlik guitige uitbeelding daarvan, die vlymskerp satire van alles, van volksmites tot die popkultuur, word die agterdoek vir Sus Niemand se donker verhaal. Vertellend peil Esmeralda Sus Niemand se donker dieptes, en vertellend kom sy nader en nader aan ’n openbaring van wat in haar eie kelder verberg lê.
Чтобы оставить свою оценку, войдите или зарегистрируйтесь
📖 О книге «Kelder»
На Книгизм представлено произведение «Kelder» — книга автора Gerda Taljaard. Книга относится к жанру «Контркультура» . Полный текст доступен бесплатно — для чтения онлайн в браузере или скачивания в формате fb2.
🏷️ Жанры книги
Произведение «Kelder» относится к следующим жанровым направлениям каталога Книгизм:
👥 Похожие авторы в жанре
Если вам понравилась эта книга, обратите внимание на других популярных авторов в жанре «Контркультура»:
❓ Часто задаваемые вопросы
Можно ли скачать книгу «Kelder» бесплатно?
Да, книга доступна для скачивания в формате fb2 без регистрации и без оплаты на сайте Книгизм. Файл сохраняет структуру глав, иллюстрации и метаданные — подходит для FBReader, Cool Reader, AlReader и других читалок на смартфоне или электронной книге.
Можно ли читать книгу «Kelder» онлайн без скачивания?
Да, полная версия произведения автора Gerda Taljaard доступна для онлайн-чтения прямо в браузере. Откройте страницу книги, нажмите кнопку «Читать» — текст загрузится с пагинацией, настройкой шрифта, темой оформления и закладкой текущей позиции.
К какому жанру относится «Kelder»?
Книга относится к жанру «Контркультура».
📲 Как читать книгу на Книгизм
Книга «Kelder» автора Gerda Taljaard доступна на Книгизм бесплатно. Вы можете скачать файл fb2 для дальнейшего чтения в любой читалке (FBReader, Cool Reader, AlReader и других) на смартфоне, планшете или электронной книге. Формат fb2 сохраняет структуру глав, иллюстрации, оглавление и метаданные. Альтернатива — онлайн-чтение полной версии в браузере сразу без скачивания и без регистрации.