Vuur op die horison is ’n meesleurende roman wat strek van 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as brandpunt. Generasies en kontinente word omspan: die leser word meegevoer na o.m. die Suid-Afrikaanse goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en selfs die barre vlaktes van Argentinië. Nog meer onvergeetlik as die drama en verskrikking van oorlog is die krakters wat Engela van Rooyen geskep het – mense wie se lewensloop die leser aangryp en...
Dit was ’n groot dag, daardie dag van die Soccer Bid vir Twenty-Ten. In die township was dit vol by elke plek, dit was net music en colours en stemme en lag. En toe Madiba op die screen verskyn met sy oë wat skreef van die lag, toe hy die trophy hoog in die lug hou – net daar het die plan soos ’n weerligvoël in Senke se kop geskiet. Sy plan om vir sy Buti ’n groot surprise te gee . . . iets wat hy nooit sal vergeet nie, al word hy ’n ou mkhulu met ’n grys baardjie. Hierdie skooluitgawe is...