Engela van Rooyen — Vuur op die horison, краткое содержание

Vuur op die horison is ’n meesleurende roman wat strek van 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as brandpunt. Generasies en kontinente word omspan: die leser word meegevoer na o.m. die Suid-Afrikaanse goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en selfs die barre vlaktes van Argentinië. Nog meer onvergeetlik as die drama en verskrikking van oorlog is die krakters wat Engela van Rooyen geskep het – mense wie se lewensloop die leser aangryp en enduit betrek, filmiese karakters soos die aartsaantreklike Frans Viljoen uit die vooraanstaande Viljoens van Grootverlangen; Gerrie die onverskrokke Boeremeisie; Michael Dalmain, adellike Britse erfgenaam wat op verskroeide aarde leer liefhê; wispelturige Memorie met haar houvas op mans; wyse, toegewyde Mmeme; onbeholpe Ingenaas, wie se omgee vir sy “liefkentjies” alles oorheers. Vuur op die horison is bo alles aangrypend in sy uitbeelding van universele menslikheid wat tot die uiterste beproef word.

Читать книгу онлайн «Vuur op die horison» — автор Engela van Rooyen или скачать бесплатно и без регистрации в формате fb2. Полные версии книг, без сокращений, на сайте — библиотека бесплатных книг Knigism.online.
Vuur op die horison Engela van Rooyen

Все характеристики

Автор Engela van Rooyen
Формат FB2
Тип Фрагмент книги
Скачиваний 2
Добавлена 23.11.2021
Впечатления 0

Чтобы оставить свою оценку, войдите или зарегистрируйтесь