Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”. Ten tyde van Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 op 19 Julie 1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en dertig jaar oud....
Dit is moeilik om nie deur die kort, onstuimige lewe van Ingrid Jonker geruk en gefassineer te word nie. Die versoeking is dus groot om haar Versamelde gedigte, wat jeugwerk, Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963) en die postuum gepubliseerde Kantelson (1966) insluit, deur die lens van haar veelbewoë biografie te bekyk. Dit sou egter dwaas wees om hierdie dikwels sjarmante en speelse verse slegs te ondersoek soos ’n nuuskierige forensiese sielkundige wat die literêre beendere van ’n lewe fynkam...