Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan...
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van hierdie roman. Die eerste verteller wat aan die woord kom, is ’n man in die hede wat sy tuisdorp ná baie jare weer besoek, en veral meer wil uitvind oor Daniël Steenkamp (Danie Versies), die skaapwagter wat die engel gesien het en wat ’n versameling eenvoudige, religieuse verse nagelaat het. Dan is daar die...
Teen die einde van die negentiende eeu kom ’n middeljarige besoeker uit Europa in die binneland van Suid-Afrika aan. Versluis is ’n afsydige, aristokratiese Nederlander wat na Bloemfontein kom om van tering te herstel. Hy verken die vreemde land en doen algaande kennis en begrip op van dít wat tot dusver vir hom vreemd was. Dit word ook, uiteindelik, ’n voorbereiding op die onafwendbare einde van die reis: die dood. Die “ander land” word nie net geografies bedoel nie, maar ook die reis na die...
George Neethling wat sedert sy vyfde jaar in Europa woon, kom ná sy ouers se dood Suid-Afrika toe om die erfplaas Rietvlei te besoek. Maar op die plaas vind hy nie veel meer as ruïnes nie, en terwyl hy in die omgewing bly, word hy geleidelik bewus van die onderstrominge van geweld en vrees in ’n geïsoleerde gemeenskap wat ná ’n revolusie in vrees vir hul nuwe bewindhebbers leef. Die roman is in 1972 gepubliseer en met die CNA-prys bekroon. Dit is ook as Promised Land in Brittanje en die VSA...
Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC-tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’. Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het,...
Dit is Ierland aan die einde van die agtiende eeu: ’n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Floinn, met die meisies Nóra en Eilís . . . en...