Hierdie merkwaardige bekroonde roman (die Hertzogprys vir prosa in 1992) het as verteller ’n eenkantvrou en oujongnooi wat (op ’n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as ’n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy só by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, ’n man wie se goue lag sy in haar...
Die verhaal is gesitueer in die tyd van die Portugese ontdekkingsreise na Indië. Die verteller is ’n ou slavin wat verslag lewer van haar bestaan vandat sy as jong meisie gevange geneem is, agtereenvolgens deur drie eienaars besit (o.m. in ’n hawestad aan die ooskus van Afrika) en daarna deur ’n vierde man op ’n ontdekkingsreis deur Afrika geneem is. Eers dros die res van die geselskap en daarna sterf die man en bly die slavin alleen agter. Sy woon uiteindelik in ’n kremetartboom waar sy deur...
'n Keur uit al die digbundels van hierdie Hertzopgpryswenner, een van die heel belangrikste skrywers in Afrikaans. Die skrywer het self die keuse van 137 gedigte uit haar sewe digbundels gedoen. (Vir die bysiende leser, Spieël van water, Van vergetelheid en van glans, Monsterverse, Die heengaanrefrein, Aan die Kaap geskryf, Spesmase.) Resensente oor haar digkuns: vernuftige eenvoud, ’n suiwer poëtiese visie, aards, ironies, vol verwondering, intelligent, sterk, onthoubaar …