Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop, ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly. Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde...