Ons wêreld word ten diepste gekwel deur morele verwarring en betekenisloosheid. Of ons dit nou wil weet of nie, ons lewe word deur waardes bepaal en ons besluite berus daarop. Hoewel materiële welvaart vandag dikwels as die hoogste waarde beskou word, het dit sy beperkings; in die dieptes van ons siel is ’n leegheid wat geld nie kan vul nie. Die Bybel toon aan ons morele waardes om ons te lei in die lewe met sy vele besluite, geleenthede en versoekings. Hierdie waardes kan betekenis aan ons lewe...