Die poësie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naudé se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poësie is ’n ander manier van kyk – die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wêreld iets anders, dit word nuut, iets wat van voor ontdek moet word. Die poësie, wys Naudé, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naudé se poësie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes,...
Op ’n dag in die vroeë sewentigs merk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net braak grond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een keer gelewe het, oor die jong man wat so skaam was dat hy nie op foto’s kon vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.