Hy wou wegkom. Kleintyd al. Weg van daardie volstruisplaas waarop hy grootgeword het. Weg van al die boersheid en kleindorpse benepenheid. Weg van ’n pa wat dreig om hom vas te spyker aan ’n stuk dorre aarde sodat hy dit nooit kan verlaat nie. Weg van daai voëls! En hy hét ook weggekom. Vir goed. Maar . . . Wat? Hy kan nie presies sê nie, maar dis asof ’n reuse-golf hom op ’n dag tref – absoluut uit die bloute – en toe hy daarna om asem lê en spartel, is dit asof hy vanuit die...