Kotie skrik toe iemand skielik uit die skemer voor haar opdoem. Agter haar en Jaco lê die park verlate. Maar dan herken sy die vrou – die een wat dikwels hier buite die park onder die tamarisk sit, altyd met ’n bottel by haar. “Hierso,” sê die vrou. “Vat die kind.” Sy sleep iets agter haar rug uit, stoot dit tot voor Kotie. “Ek wil haar nie meer hê nie, en ek sien liewer dat jy haar vat as dat die welfare haar kom haal. Dan is daar weer hell to pay.” “Moet ek jou kind vat?” Verbysterd kyk...
En nou is Oupa siek. Oupa wat haar kleindag leer fluit het soos geen ander mens kan fluit nie, wat haar geleer het om lief te wees vir die donker, en wat haar vertel het van die robyne en die kgatas in sy bos. Oupa wat dae lank in sy bos kon rondloop en gesê het: “God het bome gemaak as die kroon van alle natuurdinge.” Sy wil na Oupa toe gaan waar hy op Makierie in die hospitaal lê, ver weg van sy houthuisie en bome en voëls en boeke. Maar Ouma sê sy is al weer eiesinnig. Sy is net so wild en...