Wanneer Louise le Roux van die buiteland terugkeer, verwerf sy ʼn droompos – as kuratrise van een van die belangrikste private kunsversamelings in Suid-Afrika. Gou is dit duidelik dat iets nie pluis is in die versameling van die Schoongelegen-herehuis nie. Haar ondersoek na die ongerymdhede ontwikkel in ʼn nagmerrie wanneer haar lewe bedreig word. Haar taak word verder gekompliseer deur die wisselvalligheid van haar verhouding met die twee aantreklike mans op Schoongelegen, die enigmatiese Ryk...