Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na...
’n Eietydse bundel kortverhale waarin die vrou skerp na vore tree, maar altyd sprekend van die hele uitgelewerde mensdom wie se bestaan alte dikwels verydel word deur teenstrydige, byna ironiese situasies. Rachelle Greeff is met die CNA-debuutprys bekroon vir dié eersteling-bundel.