Wenner in De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997), Eugène Marais-prys (1999), M-Net-prys (1999). Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorlê en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere. Drie Boere loop aan die spits van dié geheime...