Op ’n winterdag in 1945 ontferm ’n kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ’n driejarige halwe weeskind – Mina Afrika. Hulle wil haar graag ’n kans in die lewe gee. Maar dadelik begin die gegis, die geskinder in die Hexvallei Want Mina se vel lyk soos koffie vol Jerseyroom. Soos die jare kom en gaan, bly sy hul “aanneemkind”. Dit is die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat meer soos ’n ma vir haar is. Sy waarsku die pragtige, intelligente kind: net een misstap en die witmense sal...