Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van ’n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe – herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat ’n terapeut sal sê. Agter elke verlies lê ’n vroeër verlies. Die verlies van my skulpe is ’n voorwendsel (’n jakkalsdraai, ’n verbloeming en bewimpeling) ’n poging van die geslepe psige om die vroeër, pynlike verlies te verdoesel. Dié woorde van die self-ironiserende verteller in hierdie fassinerende roman raak twee van die belangrikste temas aan: verlies en verbloeming.
Скачать книгу «Die boek van toeval en toeverlaat» Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen)
Чтобы оставить свою оценку и/или комментарий, Вам нужно войти под своей учетной записью или зарегистрироваться