Henk Viljoen — Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal, краткое содержание

Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees; • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer; • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied. Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge. Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag! Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Читать книгу онлайн «Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal» — автор Henk Viljoen или скачать бесплатно и без регистрации в формате fb2. Полные версии книг, без сокращений, на сайте — библиотека бесплатных книг Knigism.online.
Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal Henk Viljoen

Все характеристики

Автор Henk Viljoen
Серия Piekfyn Afrikaans
Формат FB2
Тип Фрагмент книги
Скачиваний 11
Добавлена 23.11.2021
Впечатления 0

Чтобы оставить свою оценку, войдите или зарегистрируйтесь