In Katastrofes, Breyten se eerste gepubliseerde prosawerk, is bekende elemente wat in sy digkuns ook figureer. Die gepynigde ek bevind hom in ’n absurde wêreld waarin alles aan die verrot is, op soek na identiteit, verwesenliking en troos. Soortgelyke tegnieke as in sy poësie word ook gebruik, soos aaneenskakeling van oënskynlik onverwante assosiasies, gebruik van fantasie, saamvoeg van teenoorgesteldes, alles weergegee met uitsonderlike beeldingsvermoë. Die prosa wyk af van normale perspektiewe...
Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. En steeds, die assosiasie van...
AFRIKAANS: ’n Bundel met gedigte in sowel Afrikaans as Engels: die twee tale staan teenoor mekaar. Breyten noem hierdie siklus verse ’n “collage”, getransformeerde ‘variasies’ van Darwish se werk, met sy eie stem daarin vervleg:“Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. … Onmiddellik na sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. … In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na...
Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in ’n sekere sin ’n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter en het sterk outobiografiese elemente. Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Die deernis en empatie met die mens en sy vreemde lewensverlope is aangrypend. Nog selde by hierdie digter het die landskap so ’n primêre en so ’n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel.Eerlike en ongesmukte poësie, kompleks én...
’n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd ’n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is ’n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel (volledige titel: vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte) kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk – die magiese spel met die...
Die windvanger was Breytenbach se eerste bundel nuwe verse sedert die publikasie van sy Papierblom in 1998 (dit was onder die naam Jan Afrika), wat in 1999 met die Hertzogprys bekroon is. Hier vind die leser weer gedigte oor temas soos reis, tyd, liefde, dood. Maar veral weer, en méér, die kwelling oor die doeltreffendheid van die woord, soos in die gedig “New York, 12 September 2001”: ‘sal enige gedig eendag iewers ooit genoeg gewig mag hê /om ’n handskrif te laat wat praat van val en vergeet...
In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesêbare op te roep (“daar jou taak, leesskrywer, kyk:/ om die niet se oopgaanwond/ stekie vir stekie met woorde /toe...