In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50’s in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn. ’n Kombinasie van Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers.
“Parys . . . die stad wat ek bo alle ander liefhet” – het André Brink in sy outobiografie geskryf. Hierdie bundel bevat ’n keur uit sy destydse boeke oor Parys: Pot-Pourri (1962) en Parys-Parys: Retoer (1969).Nadat hy in die sestigerjare in Parys gewoon het, het sy sketse en verhale oor sy ervaringe van die lewe in die Franse hoofstad eers in koerante hier en daarna in boekvorm verskyn. Sy indrukke van verskillende aspekte van die lewe in Parys is met fyn waarnemingsin geskryf. Die toonaard...
’n Plesierige boekie wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is. Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime...
’n Roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die Stormkaap gevorm het. Dis ’n aardse liefdesverhaal, geskryf met humor en ’n speelse geestigheid. Dit speel af in die tyd toe die eerste Europeërs in die Kaap aangekom en kontak gehad het met die Khoi-Khoi. Die verteller, T’kama, neem ’n wit vrou gevange, versteek haar totdat die skepe uiteindelik sonder haar vertrek, en neem haar saam op ’n lang swerftog die...
Teen die agtergrond van ’n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemal lyk soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom ’n pakket aangebied om plek te maak vir ’n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Te midde van sy ontreddering moet Ruben sy wêreld opnuut definieer rondom die vroue wat in sy...
Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk...
Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het – ’n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg....
Een van die ergste vorms van die Swart Dood in die 14de eeu het sy slagoffers binne vyf dae uitgewis. Maar dat daar ander, subtiele, moderne en ewe dodelike vorme bestaan van die Pes wat in die donker wandel, ontdek die bruin Kaapse meisie Andrea Malgas gedurende die vyf dae wat sy ná ’n jarelange verblyf in Europa in Provence deurbring. Sy staan tussen twee mans: Paul, die welvarende, middeljarige blanke esteet wat haar al die gerief en sekuriteit van ’n lewe in Europa aanbied; en Mandla, die...